Galery wil gemoedere in stad lig

Die nuut geopende Yellow Crane-kunsgalery op die Nebo-landgoed buite Bloemfontein is die geesteskind van Jaco Albertse.


Die nuut geopende Yellow Crane-kunsgalery op die Nebo-landgoed buite Bloemfontein is die geesteskind van Jaco Albertse.

“Ek het eendag op ’n internasionale lughawe in die vliegtuig gesit en gesien hoe die geel hyskrane werk. Ek het daar die idee gekry van hoe dié hyskrane simbolies is van opheffing.

“Kuns laat ’n mens goed voel en lig die gees en die gemoed.”

Hy is lief vir gietysterwerk en het die geleentheid gesien om sy stokperdjie ook op ’n kreatiewe manier te laat leef. Sy suster, Nelmari Oosthuysen, mede-eienaar van die galery en die nuwe kunswinkel A Peace of Art langsaan, sê die hyskraan beeld ook iets uit van “hang in there” – “Hou net uit, tye is soms moeilik, maar dit sal weer beter gaan.”

Nelmari sê die werksetiek van vasbyt en aanhou kom van hul ouers, Fina en wyle Frikkie Albertse.

“Die kunsgalery bied ’n plek waar plaaslike talent uitgestal kan word. Dit het ’n ontspanne atmosfeer waar mense kan rustig word en die kuns kan geniet.”

Met die opening op 18 Julie is kunstenaars soos die internasionaal bekende Bousie Myburgh, asook Du Toit Schabort, Benjé Deacon, Abigail Barnard en Geertje Olivier, se werk uitgestal.

Die galery, kuns- en koffiewinkel is weekdae van 09:00 tot 17:00 en Saterdae van 09:00 tot 13:00 oop.

Toegang na die galery is by Sunny Hill op die N1 noord van Bloemfontein.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.