Groot dele van die suide van Bloemfontein is sonder water nadat die pyp wat water van die Welbedachtdam tot by die Brandkop-reservoir voer, Woensdag 20 Augustus gebars het.
Paul Kotze, DA-wyksraadslid van Pellissier en Fichardtpark waar ‘n groot deel van die huise sonder water is, verduidelik die wateronderbreking het gebeur kort nadat onderhoudswerk aan die stelsel gedoen is.

“Die Brandkop-reservoir was op 100% toe die onderhoutswerk by die De Hoek- en Uitkyk-reservoirs Dinsdag gedoen is. Inwoners het kennisgewings ontvang dat die onderhoudswerk 36 uur kan duur, maar omdat die reservoirs vol was, het daar geen onderbrekings tydens die geskeduleerde herstelwerk voorgekom nie.”
Hy sê toe die water weer begin vloei het, het die groot invoerpyp om ongeveer 14:00 naby Dewetsdorp gebars. “Omdat die reservoirs reeds leeg geloop het tydens die herstelperiode, het krane vinnig begin leeg loop.”
Kotze sê die beskadigde pyp is intussen oopgegrawe en die watervlak het gesak sodat die herstelwerk kan begin.
“Die bars het voorgekom voor die die punt net buite Dewetsdorp waar die pyp 33km voor Bloemfontein in twee verdeel. Die dubbelppyp beteken niks aan die volhoubare toevoer van water na Brandkop totdat dit nie die hele pad tot by die Welbedacth-dam ‘n dubbelpyp is nie,” sê hy.
Hy verduidelik dié waterpype is nie gebou om afwisselend leeg en vol te loop nie.
Gebiede wat water van Vaal Central af kry en deur die onderbreking geraak word, sluit Pellissier, Uitsig, Fauna, dele van Fichardtpark, Langenhovenpark, Groenvlei, Bainsvlei, Vistapark en Hamilton in.
.



You must be logged in to post a comment.