Verrassing op seëning!
Die dag voordat Bianca en Dehan Kotze vir baba Michael in die wêreld verwelkom het, het hulle nog ‘n aangename verrassing gekry toe hulle uitvind hulle is Week 2 se wenners van die CryoSave-kompetisie, in samewerking met HOTFM.
Danksy hierdie kompetisie, waar inskrywers op CryoSave se Instagram-blad “like, comment en share”, kon die Kotzes hulle pasgebore baba se stamselle stoor.
Die stamselberging-kit, ter waarde van R25 000, is die aand voor die tyd by hulle voordeur afgelewer.
Cryosave SA kry al vir meer as 20 jaar koordbloedstamselle vir Suid-Afrikaanse en internasionale kliënte.
Hulle word ten volle besit deur ‘n veilige finansiële groep en het hul prosedures in ooreenstemming met internasionale gehaltestandaarde en wêreldwye beste praktyke belyn.
CryoSave SA is ‘n onafhanklike stamsel-instelling, gelisensieër deur die Suid-Afrikaanse Nasionale Departement van Gesondheid, met Internasionale American Association of Blood Banks-akkreditasie vir die versameling, verwerking, kriopreservering, berging, en verspreiding van naelstringbloedstamselle.
Dit is internasionaal geakkrediteer deur die Vereniging vir die Bevordering van Bloed en Bioterapieë.
- As jy graag ‘n kans wil staan om ook die prys ter waarde van R25 000 te kan wen, moet jy gou-gou spring en CryoSave se Instagramblad besoek by @cryosavesouthafrica en inskakel op HOT 102.7 FM