Gebrek aan dienslewering het sy oorsprong in swak bestuur

Die DA in die Mangaung-metro het op Vrydag 11 Maart ’n versoek gerig vir ’n formele ondersoek na van die metro se senior bestuurders.


Die DA in die Mangaung-metro het Vrydag (11/03) ’n versoek gerig aan die waarnemende munisipale bestuurder, Mzingizi Nkungwana, om ’n formele ondersoek na van die metro se senior bestuurders te begin.

Raadslid Dirk Kotzé sê die werk van senior bestuurders soos Sello More, bestuurder van vullisverwydering en vlootbestuur, Sabata Mofokeng, finansiële hoof, David Nkaiseng, bestuurder van korporatiewe dienste, en Mlondolozi Ndlovu, bestuurder van ingenieurswese en infrastruktuur, moet ondersoek word.

“Dit is reeds ’n jaar nadat die DA versoek het dat die voormalige munisipale bestuurder, adv. Tankiso Mea, ondersoek moet word. Hy het toe bedank nadat dit duidelik geword het dat die raad geen ander keuse het as om hom van ernstige wangedrag aan te kla nie,” sê Kotzé.

“Hierdie groep senior bestuurders was almal lid van die administrasie wat deur Mea gelei is en versuim het om basiese dienste aan die inwoners van Mangaung te lewer.”

Die formele klagte wat die DA ingedien het, is in ooreenstemming met dissiplinêre regulasies vir senior bestuurders.

Kotzé sê die DA is bekommerd oor die agteruitgang van dienste onder die administrasie.

“Die nuwe administrasie het nie die basiese maatreëls ingestel om seker te maak dat daar behoorlike toepassing van wetlike pligte iswat ’n invloed op die metro se administrasie en finansiële bestuur het nie.”

Daar word versoek dat die volgende kwessies ondersoek word:

) versuim om behoorlike dienste te lewer;

) mislukking in die toepassing en bestuur van die begroting;

) versuim om kontrakteurs betyds te betaal;

) onreëlmatige toepassing van geldelike bestuur wat voortdurend daartoe lei dat die jaarlikse begroting nie gebruik word soos uiteengesit nie; en

) versuim om ongemagtigde, onreëlmatige en onnodige uitgawes te beperk.

) ongeoorloofde, en nuttelose uitgawes en ander verliese is nie deur goeie bestuur voorkom nie en staan nou op R4 miljard.Volgens Kotzé hou die wanbetaling van Bloemwater, Eskomvan die Mangaung-metro en verskaffers nie net ’n ernstige bedreiging in vir die verskaffing van basiese dienste nie, maar ook vir die plaaslike ekonomie.

“Weens swak vullisverwydering gaan die metro voort om die gesondheid van inwoners in gevaar te stel te midde van die Covid-19-pandemie.”Hulle doen dit onder meer wat ’n gesondheids- en ’n omgewingsgevaar vir inwoners inhou.”

Hy sê die ANC se kaderontplooiingstrategie het die metro se vermoë om basiese dienste – soos vullisverwydering, goeie padinfrastruktuur, werkende verkeersligte, bestuur van parke,betroubare en veilige watertoevoer, betroubare elektrisiteitstoevoer en goeie rioolbestuur – te bied, vernietig.

“Munisipale dienste het tot ’n stilstand gekom, en dit word al hoe moeiliker om die regte amptenare te kry wat raadslede en die publiek kan bystaan.”

Wanneer swak bestuur aangepak word, sal die metro weer ’n kans staan om goeie dienste aan inwoners te lewer, reken hy.
Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.