Dit sal wonderlik wees vir die omgewing as almal meer ingesteld is op herwinning – nie net wat betref hoe ons wat waar weggooi nie, maar ook wat ons kan hergebruik.
Moet nooit weer ’n ou kledingstuk wat stukkend is, weggooi nie. Skenk die lap vir iemand wat handwerk doen, of gebruik dit self. Denimbroeke is ’n goeie voorbeeld van kledingstukke van stewige materiaal wat vir ’n hele paar gebruike heraangewend kan word.
Die ander wonderlike artikel wat beslis meer as een gebruik behoort te hê, is glas.
’n Bottel of houer wat dig seël, bied baie moontlikhede. As jy van die begin af dink oor wat jy koop en waarin dit verkoop word, kan jy dit vir jouself makliker maak om iets weer te gebruik vir ’n ander doel.
Thokozane Radebe, handelsmerkbestuurder van Douwe Egbert-koffie, sê die glashouers waarin hierdie koffie kom, word al lank deur verbruikers hergebruik omdat die houers lekker dig seël.
“Nie net is dit die maklikste om glashouers weer te gebruik nie, dit lyk mooi op die rak. ’n Suikerpot kan ’n tweede lewe hê as ’n houer vir juweliersware, en ’n ou teekoppie kan ’n kershouer word.”
Sy raad om plakkers van glasbottels te verwyder, is om dit in warm seepwater te week. Gooi warm water direk op plakkers waarvan die gom nie lekker wil afkom nie.
Hier is ’n paar kreatiewe idees:
- Versamel ’n verskeidenheid glasbottels in verskillende groottes, kleure en hoogtes vir ’n unieke uitstalling as blompotte iewers in die huis. Jy kan ook lint of goiing om die bottel bind om dit ’n bietjie op te vrolik.
-
Bottels wat dig seel, is perfek as jy kos soos macaroni wil bêre. Douwe Egberts se koffiebottels is sommer klaar versier sodat jy dit vir enigiets kan hergebruik.
-
Jy kan ook glasbottels gebruik as bêreplek vir skryfbehoeftes op ’n lessenaar, of om iets soos oorpluisies en watte te bêre.