
Die Ou Presidensie- Historiese Vereniging se Vrystaatdag-viering is op Woensdag 23 Febuarie op die Smith Auto Group (SAG) se splinternuwe perseel in President Boshofstraat aangebied. Dié perseel is op die historiese terrein agter die Ou Presidensie geleë. Dr. Chris Verwoerd en Elsa Kolver, dogter van dr. John Vorster, het vertel hoe dit was om destyds kinders van die eerste minister te wees toe hulle nog in Tuynhuis gewoon het. Op die geselligheid is van links Jackie en Colin Steyn, Ferdie Smith (SAG), Lambertus van Rensburg (Ou Presidensie-vereniging), Marisca Morrison (SAG), Fjay Smith (SAG), Verwoerd, Willemien Steyn en Kolver. Hulle staan by die gedenkgang by SAG wat ’n kykie na Bloemfontein van ouds gee. Foto: Lientjie Mentz