Gee jou vel nuwe lewe

Met dié dat almal nou weer met “kaal” gesigte loop nadat die dra van gesigmaskers nie meer verpligtend is nie, is vroue meer bewus van hul grimering.


Met dié dat almal nou weer met “kaal” gesigte loop, is vroue meer bewus van hul grimering.

Annemarie Cronje van Rooibos on the Go, ’n nuwe Annique-skoonheidsalon in Universitas, sê mense se velle is bietjie verwaarloos ná die meer as twee jaar van gesigmaskers dra en waarop almal nie soveel aandag aan hul skoonheidsroetine spandeer het nie.

Boonop dra die temperatuur en droë weer van die Bloemfonteinse winters by dat ’n mens mooi na jou vel moet kyk, sê Annemarie.

Dié Annique-konsultant van meer as 20 jaar sê ’n mens moet besef dat jou vel die afgelope tyd agter die masker verouder het.

“Laat doen weer ’n vel-analise om te bepaal of jy nog die regte skoonheidsprodukte gebruik,” is haar voorstel.

Sy sê mense spandeer nou veral weer op wasbehandelings en die tint van wenkbroue.

“Natuurlik is almal nou op soek na lipstiffie, veral almal wat dit nie gedra het terwyl hulle maskers moes dra nie. My voorstel is dat jy ’n bietjie ’n ander kleur moet probeer – iets soos Annique se nuwe mulberry-kleur.”

Sy sê daar is ook deesdae ’n groot fokus op oë.

“Baie vroue laat bring wimperverlengings aan. Dit lyk natuurlik, maar laat jou wimpers ’n bietjie voller vertoon.”

Annemarie sê ’n mens moet onthou dat jy van binne en buite gesond moet wees. “Gee aandag aan jou vel en grimering, maar ook aan jou innerlike.”
Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.