Gee só nuwe voorkoms aan huis

Hier is drie wenke van hoe jy jou kombuis en badkamers kan opgradeer sonder dat dit ’n arm en ’n been kos.


Almal weet badkamers en kombuise verkoop huise.

Wanneer jy besluit om een van dié vertrekke op te knap, kan dit nogal ’n duur projek raak.

Remax gee drie wenke van hoe jy jou kombuis en badkamers kan opgradeer sonder dat dit ’n arm en ’n been kos.

* Vervang handvatsels en krane:

’n Maklike manier om dié vertrekke ’n byderwetse toevoeging en sommer ook karakter te gee, is om nuwe handvatsels aan kabinette en kombuiskaste aan te bring. Daar is ’n groot verskeidenheid los handvatsels in alle vorme, kleure en style van so min as R15 elk beskikbaar. Hoewel dit ’n bietjie duurder kan wees, kan ’n outydse en karakterlose krane vervang word met iets nuuts.

Dit kos so tussen R1 000 en R3 000 om ’n krane te vervang. Met hierdie toevoeging, kan jou badkamer of kombuis spoggerig lyk.

* Verf die mure of kaste:

Dit is ongelooflik wat ’n nuwe laag verf kan doen. Eerder as om splinternuwe kombuiskaste of kassies in jou badkamer te laat aanbring, kan jy dit verf.

Koop ’n goeie onderlaag en goeie gehalte verf vir die kassies. Afhangend van hoe groot die vertrek is en hoeveel jy moet verf, kan jy ongeveer R1 000 of ’n raps meer bestee aan verf. Oorweeg ook ’n muur in ’n fokuskleur of goeie gehalte plakpapier om jou badkamer of kombuis ’n splinternuwe voorkoms te gee. Onthou net dat dit in die badkamer sowel as die kombuis vogbestand moet wees.

* Nuwe ligte:

Outydse lampskerms of onvoldoende beligting kan ’n badkamer of kombuis donker en afgeleef laat lyk. Vervang slegs die ligtoebehore en gebruik LED-groeilampe om jou kragverbruik boonop te verminder. Oorweeg ook LED-strookbeligting oor die werkoppervlak in die kombuis wat sal help om die kombuis moderner te laat vertoon. Loer gerus ook by pandjieswinkels en markte vir lampskerms
Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.