Die Southern-sentrum in Fichardtpark het op 1 Desember ’n winkel­waentjie vol kruideniersware aan Engo oorhandig. Engo gaan die kruideniers­ware, wat toiletware, skryfbehoeftes en nie-bederfbare kos inslui­t, aan dié organisasie se Dumisani-kinder-en-jeugsorgsentrum in Memel gee. Klante van die Southern-sentrum kan elke Saterdag in Desember van 11:00 tot 13:00 deelneem aan die sentrum se se Jinge all the Way-kompetisie by dié Kersboom in die sentrum. Hier by die waentjie vol kruideniers­ware is van links Khosi Zane (Southern-sentrum se bemarkingsbestuurder), Mark Robbertson (sentrumbestuurder) en Alda Fourie (Engo se bemarkingsbestuurder). Foto: Lientjie Mentz


Gee waentjie vol vreugde

You need to be Logged In to leave a comment.