Die Oopverhoog op die Vrystaat Kunstefees bied vanjaar weer ’n geleentheid vir ontluikende kunstenaars van oor die land heen om saam met gevestigde instrumentaliste en sangers op te tree.
Die Vrystaat Kunstefees se minimark word van 12 tot 16 Julie in Bloemfontein aangebied. Die mark is kleiner as die hooffees, in Oktober, en sluit nege produksies in.
Die Oopverhoog word vanjaar in samewerking met Bloemnuusaangebied. Dit is buite die Eksamensentrum en gaan ’n gesellige atmosfeer tussen die stalletjies skep.
Kunstenaars wat op die verhoog optree, ontvang nie betaling nie.
Toegangskaartjies is op webtickets.co.za te koop. Stuur navrae oor die program en optrede op die Oopverhoog per e-pos aan michael@vrystaatkunstefees.co.za.