’n Bekende in Bloemfontein het hom sowat ’n jaar gelede by die span van Jenwil BlouSter aangesluit.
Jaco de Wet is ’n korttermynversekeringsadviseur vir Sanlam-Santam.
De Wet sê hy geniet dit om deel van die kundige span by Jenwil BlouSter te wees.
“Ek leer nog elke dag. Dit is ’n omgewing wat gereeld verander, met nuwe wetgewing wat in werking tree en nuwe maniere van doen.
“Vir ons gaan dit nie oor rand en sent nie. Dit gaan oor gemoedsrus vir elke kliënt en die goeie bestuur van hul bates.”
De Wet sê die belangrikste is om te verstaan wat elke kliënt se behoeftes is en te weet dat elkeen se behoeftes gereeld verander.
“Mense is nie altyd ingelig oor wat hul polisse behels nie. Daar is soms voordele waarvan hulle nie eens weet nie.
“Dit is hier waar ’n adviseur ’n groot bydrae kan lewer om kliënte te help wanneer dinge verkeerd loop, maar ook om te keer dat hulle in die moeilikheid beland as hulle nie gepaste dekking het nie.”
Hy sê mense moet seker maak dat hulle voldoende dekking het.
“Mense weet byvoorbeeld nie dat dinge wat jy gereeld uit jou huis verwyder, soos ’n kamera, selfoon en skootrekenaar, afsonderlik verseker moet word nie.”
De Wet sê mense besef ook nie altyd dat dit wat daar ver in die wêreld gebeur dikwels ’n direkte invloed op hul sak kan hê nie.
Rothea van Biljon van Jenwil BlouSter sê De Wet is ’n goeie toevoeging tot die span.
“Hy is bekend in Bloemfontein en hy boesem vertroue by kliënte in.”