Bloemnuus, deel van Sentraal24, is vanjaar die mediaborg van die Franse Mark. Hier is Jeannine van Zyl, hoofbestuurder van Sentraal24, saam met Suretha van Heerden, organiseerder van die mark en mede-eienaar van Villa Avianto. Dié mark word vanjaar maandeliks aangebied, met drie tema-markte wat ook sal plaasvind. Ongeveer 1 500 mense het die eerste maandelikse mark, wat Saterdag (05/02) by Villa Avianto aangebied is, bygewoon. Die volgende een word op 5 Maart aangebied. Hou Bloemnuus dop vir meer inligting oor dié mark. Foto’s: Lientjie Mentz