Kinders van onder meer die Ons Kinderhuis-jeugsorgsentrum is op Saterdag 29 Junie bederf met die premiere van Despicable Me 4 in die Nu Metro-rolprentteaters in die Loch Logan-waterfront. Danksy Nu Metro, Fran-Sue’s Events and Dress Hire en Yez Models het ’n groep kinders vooraf eetgoed en allerlei pryse gekry en kon hulle met gesigverf spog. Van links is, voor: Sueanne Stander (6, Laerskool Willows), Oarabetse Kobokoane (7, Brebner Primary School), Orateng Kobokoane (4, Smiley Kids) en Franstene Stander (11, Carel du Toit-skool)