Besonderse poppe en speelgoed is deur die Old Dolls and Toys-klub ten toon gestel, en ’n poppekasvertoning is aangebied deur Martin Schwella met Udo Uil, toe Jeugdag (16/06) by die Oorlogsmuseum van die Boererepublieke gevier is. Hier voor die Vrouemonument op die museumterrein is van links Kaira Strydom (6), Bailey (4), Aldo (2) en Martin Schwella (7). Foto: Lientjie Mentz