Die verspotte apie Georgie is die volgende twee Saterdae op die verhoog om kinders van alle ouderdomme te vermaak.
Die verhoogstuk Georgie se radiois gebaseer op skrywer en illustreerder Martin Schwella se Schink-stories wat op Schink se webwerf geluister kan word.
Martin en Christi-Ann Lombard van Creative Wings Drama Academy het saamgewerk om die oorspronklike storie in ’n toneelstuk te omskep.
Dié toneelstuk is die eerste keer op 2 November op die ATKV se #Weesdieverskilfees in Bloemfontein opgevoer.
Nou is die karakters gereed vir nog pret op die verhoog.
Kom deel in die genot van kinderteater met Georgie, Louis die Leeu, Dirk die Olifant, Jannie die Luidier en die wyse Gertman die Gemsbok.
Die eerste vertoning is op Saterdag 30 November by Doxa Deo-suid in Fichardtpark. Dit begin om 10:00.
Kaartjies kos R50.
Die vertoning word op 7 Desember om 10:00 by Doxa Deo herhaal.
Bespreek vooraf aanlyn deur na quicket.co.za te gaan, stuur e-pos na vanzylchristiann@gmail.com of kry kaartjies by die deur.
Nuwe Afrikaanse stories met gesonde waardes en lesse word elke maand op schink.co.za opgelaai.