Marie Lombard en haar dogter Marie-Louise Nel van De Oude Kraal-landgoed net buite Bloemfontein, gaan in die volgende paar weke tot en met die twee WildsKOS-Gourmetfeeste op 12 Junie en 3 Julie vir Bloemnuus se webblad gereeld een van hul heerlike resepte gee.
Vandag se resep is vir blesbokblad:
Jy benodig:
* 50g roosmaryn
* 50g pietersielie
* 20 g mentblare
* 250 g Botter of olyfolie
* knoffel
* vinkelsaad/granaat/sesamsaad/komyn
* ansjovis-fillete – fyngekap
* fyn suurlemoenskil
* gemaalde sout en swart peper, wit peper en braaispeserye
Metode:
Kap kruie fyn en meng alle bestanddele saam.
Vryf in blad, verkoel en laat staan oornag.
Draai toe in tinfoelie.
Bak in oond of Webber teen 140°C tot sag (ongeveer 3 tot 4 ure).
Bedien dit met ’n roti/naan/pita-broodjie en tiemieskaapsous of knoffelroomsous / vars granaat / vars roket /ment en groentes van jou keuse.
Knoffelroomsous:
* 2 liter room
* 4 knoffelhuisies
* 1 blokkie hoenderaftreksel
* 1 medium ui gekap
Braai die ui en knoffel saam en gooi room in.
Kook die roommengsel tot verdik en gooi hoenderaftreksel in.
Tiemieskaapsous:
Maak ’n aftreksel van skaapbene, met wortels, seldery en
uie. Kook fyn en verdik met skaapvleis-soppoeier, sojasous en Worchestersous.