Ná die suksesvolle konsert Tango, etc word nog so ’n vertoning aangebied.
Die konsert het op 22 April by A Little Guesthouse in Bainsvlei plaasgevind.
Volgens Petro Engelbrecht, wat dié inry-konserte eers by die Naval Hill-planetarium aangebied het, moes dit na ’n ander perseel verskuif word toe beurtkrag die soveelste keer in die konserttyd voorspel is.
“Te danke aan ’n ywerige gehoor gaan ons op Vrydag 27 Mei ’n piekniek-op-die-grasperk-konsert aanbied. Luisteraars kan na musiek van verskillende genres uitsien, terwyl hulle sop en broodjies geniet en tussen konkavure kuier om die Vrystaatse koue te verdryf.”
By die vorige vertoning het gaste die zorba-dans so geniet dat hulle dit glo vir die volgende konsert gaan inoefen.
“Ons gaan ook ‘Two Tangos’ van Malcolm Dedman speel, asook ‘Eine kleine Nachtmusik’, ’n mambo, musiek uit die musiekblyspel Moulin Rouge, iets van Bon Jovi en ’n ander weergawe van ‘Für Elise’.”
Kaartjies vir dié vertoning, wat om 18:00 by A Little Guesthouse begin, kos R150.
Belangstellendes kan besprekings doen deur 082-824-5507 te skakel.