Gesinsorg se invloed ingrypend

Engo het op 19 Augustus sy 120ste bestaansjaar met helderkleurehelderkleurige ballonne en heelwat vrolikheid gevier toe die jaarvergadering op die Summerwood-landgoed aangebied is.


Engo het op 19 Augustus sy 120ste bestaansjaar met helderkleurehelderkleurige ballonne en heelwat vrolikheid gevier toe die jaarvergadering op die Summerwood-landgoed aangebied is.

Engo is ’n omvattende organisasie wat welsynsdienste aan duisende mense oor die Vrystaat heen lewer.

Een van die afdelings van Engo is gesinsorg- en gemeenskapsdienste.

Madelein Nortje, direkteur van gesinsorg, sê dié afdeling bied ondersteuning met 11 kantore en 26 maatskaplike werkers oor die provinsie heen.

“Die maatskaplike werkers het in elke streek ’n werksgebied. Ons werk saam met ander kinder­welsynsorganisasies en die departement van maatskaplike ontwikkelingdienste om kinders te beskerm.”

Nortje sê 43 596 mense het die afgelope geldjaar by Engo se dienste gevind gebaat.

“Hoewel die grootste deel van ons werk die lewering van statu­têre dienste is, probeer ons om met voorkomingsdienste ’n positiewe invloed op gesinne te hê.”

Sy sê hulle fokus juis op die ontwikkeling van menslike potensiaal om statutêre ingryping waar kinders van ouers weggeneem moet word te voorkom. Die behoud van die gesin is vir vir ons ’n voorkeursaak.”

  • Lewer ’n bydrae om Engo se dienste te ondersteun deur ’n R30-skenking te doen en ’n kans te staan om ’n splinternuwe Suzuki S-Presso GL Plus te wen. Doen die skenking by enige Engo-kantoor, op die Be Human-familiemark, elke Saterdag tot einde September, of gaan na die webwerf engo.co.za.
Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.