Gesonde roomys vir ontbyt

Speel hierdie Desember lekker met allerlei resepte om die verfrissende smaak van mango’s (veselperskes) deel van jou spyskaart te maak.


Speel hierdie Desember lekker met allerlei resepte om die verfrissende smaak van mango’s (veselperskes) deel van jou spyskaart te maak.

Dié vrugte, waarvan daar 15 verskillende kultivars in Suid-Afrika voorkom, kom van die tropiese dele van Suid-Afrika soos Limpopo, Mpumalanga en KwaZulu-Natal, maar is geredelik in ons winkels in die sentrale dele van die land van Desember tot April beskikbaar.

Hier is nou ’n oulike idee – roomys vir ontbyt!

Al wat nodig is, is dat jy vooruit moet beplan sodat jy jou familie of gaste met ’n heerlike voorgereg vir ontbyt kan bederf.

Mango, jogurt en muesli-ysies

Dit neem sowat 20 minute om te maak en moet vir sowat 8 uur vooraf gevries word. Die resep is genoeg vir ses mense.

Jy benodig:

Twee groot, ryp mango’s, geskil en in blokkies gesny;

½ suurlemoen

250 ml (koppie jogurt); en

125 ml (½ koppie muesli).

Maak so:

Plaas die mango’s met ’n bietjie suurlemoen in ’n versapper totdat dit ’n gladde puree vorm.

Voeg lepels vol mango-puree in ysievorms en wissel dit af met jogurt. Los ’n opening van 2-3 cm aan die bokant waar die muesli inkom. Vul die ysies met die muesli en druk dit saggies vas. Druk ’n hout-roomysstokkie in elke vorm en vries vir 8 uur oornag.

Verwyder die vorms net voordat jy bedien en geniet!

You need to be Logged In to leave a comment.