Die eerste weeklikse Balansmark wat fokus op vars produkte en produkte wat ’n gesonde leefstyl bevorder, word Saterdag (23/04) in die Mimosa Mall aangebied.

Die organiseerders sê daar sal sowat 30 uitstallers wees wat vars produkte en ander gesondheidsprodukte te koop sal aanbied.

Jy kan dus elke week jou vars produkte op dié mark koop, terwyl jy ook ’n gesonde maaltyd nuttig en ’n lekker koppie koffie geniet.

Daar is besluit om die mark in ’n inkopiesentrum aan te bied, omdat dit die bymekaarkomplek van die gemeenskap is.

Entrepreneurs van Bloemfontein en omliggende gebiede bring hul beste produkte en blomme na die mark. Daar sal ook varsgebakte brode en unieke stalletjies wees.

Kunstenaars sal optree en daar is ook speelplek vir die kinders.

Kom loer in by dié weeklikse mark en sien hoe ’n gesonde leefstyl ook lekker kan wees en proe.

Die mark begin Saterdag om 08:00 en duur tot 12:30 op Mimosa Mall se bruin parkeervlak.

You need to be Logged In to leave a comment.