Gesondheid hier die fokus

Die eerste weeklikse mark wat fokus op vars produkte en produkte wat ’n gesonde leefstyl bevorder, is op Saterdag 23 April in die Mimosa Mall aangebied.


Die eerste weeklikse mark wat fokus op vars produkte en produkte wat ’n gesonde leefstyl bevorder, is op Saterdag 23 April in die Mimosa Mall aangebied.

Die organiseerders van die Balansmark, ondersteun deur die Health and Adventure Club (HAC), sê daar is nou weekliks uitstallers wat ’n verskeidenheid vars produkte, gesondheidsprodukte en unieke produkte te koop sal aanbied.

Jy kan dus elke week jou vars produkte op dié mark koop, terwyl jy ook ’n gesonde maaltyd nuttig en ’n koppie koffie geniet.

Kunstenaars sal optree en daar is plek vir markgangers om te ontspan.

Entrepreneurs van Bloemfontein en omliggende gebiede bring hul beste produkte en blomme na die mark.

Kom loer in by dié weeklikse mark en sien hoe ’n gesonde leefstyl lekker kan wees en proe.

Besoekers aan Mimosa Mall kan hul inkopie-ervaring uitbrei deur hul gewone inkopies te doen en daarna te gaan ontspan tussen stalletjies met lekker produkte.

Die mark begin Saterdae om 09:00 en duur tot 13:00 op Mimosa Mall se bruin-parkeervlak.

Om by dié vlak te kom, neem die houttrap of die deurskynende hysbak daarlangs (by Pick n Pay Clothing) of van die kelderparkeerterrein.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.