Gewoontes vir ’n week op ys gesit

Verlede week was ’n besige week vir die Aurora-alkohol- en-dwelmsentrum wat by die Suid-Afrikaanse Nasionale Raad vir Alkohol en Dwelmafhanklikheid (Sanca) geaffilieer is.


Verlede week was ’n besige week vir die Aurora-alkohol- en-dwelmsentrum wat by die Suid-Afrikaanse Nasionale Raad vir Alkohol en Dwelmafhanklikheid (Sanca) geaffilieer is.

Sanca se Kick the Habit-week is van 20 tot 26 Junie aangebied waar mense aangemoedig is om iets waarvan hulle hou, vir ’n week te laat staan om bewustheid te skep vir die uitdagings waarvoor mense met verslawing en afhanklikheid te staan kom.

Benewens dit, het Aurora se personeel ook as deel van Kick the Habit ’n Detox Shot ontwikkel.

Die uitdaging aan mense was om ’n alkoholvrye drankie te ontwikkel deur ’n kombinasie van die volgende bestanddele saam te stel: kaneel, borrie, suurlemoen of lemmetjie, gemmer, appelasyn, ment, bosbessie (cranberry), pomelo, spinasie, knoffel, beet en heuning.

  • Dit het saamgeval met Aurora se algemene jaarvergadering Dinsdag 21 Junie. Besoek Aurora se Facebook-blad vir meer oor die projekte.
Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.