Gholfspeler presteer in SA Kindergholfuitdaging

Tiaan Louw, gr. 5-leerling van die Laerskool Fichardtpark, het van 18 tot 20 Maart aan die Suid-Afrikaanse Kindergholfuitdaging vir o.11-spelers deelgeneem.


Tiaan Louw, gr. 5-leerling van die Laerskool Fichardtpark, het van 18 tot 20 Maart aan die Suid-Afrikaanse Kindergholfuitdaging vir o.11-spelers deelgeneem.

Dit is by die Prince’s Grant Gholflandgoed aan die KwaZulu-Natalse noordkus aangebied.

Daar het vanjaar agt spanne deelgeneem, elke span het ses spelers.

Tiaan is deur die Noord-Wes-gholfunie genooi om deel van die streek se span te wees.

Die span het in die tweede plek geëindig, net vier houe agter die wenspan van Gauteng.

Individueel het Tiaan in die sesde plek geëindig uit die 48 seuns, wat deelgeneem het.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.