Gimnaste blink uit

Die Bloemfontein-gimnastiekklub se toppresteerders is einde verlede jaar gekroon.


Die Bloemfontein-gimnastiekklub se toppresteerders is einde verlede jaar gekroon.

Jandré Vermeulen (8), ’n leerling van die Laerskool Fichardtpark, is gekroon as die klub se Victor Lodorum. Hy het twee goue medaljes op die Suid-Afrikaanse Spele in Oktober in Pretoria in sy trampolien-nommers verower.

Die Victrix Lodorum vir 2022 was Abigail Ras (17), wat tuisonderrig ontvang. Sy het twee goue medaljes op die byeenkoms gekry vir haar deelname aan parkour.

Christine Maree is hulle afrigter.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.