Gimnaste van die Bloemfontein-gimnastiekklub het as lede van die Vrystaatspan aan twee verskillende kampioenskappe gaan deelneem en goue medaljes huis toe gebring.
Die tuimel en trampolien-gimnaste het van 7 tot 10 Oktober in Gqeberha deelgeneem.
Artisties en Parkour-gimnaste het van 2 tot 9 Oktober in Centurion (Gauteng) aan die nasionale kampioenskappe in die Nationale Gimnastieksentrum deelgeneem.
Jannie Janse van Vuuren was die direkteur by die mans- artistiese kompetisie, waarby Luca Klopper ook beoordeel het.

Ben-Arthur Stander het as afrigter op die vloer opgetree in Gqeberha terwyl Lynelle de Villiers as afrigter die kampioenskap in Centurion bygewoon het.
Die utiblinkers was:
- Artisties: Annabelle Naude (vlak 6/14jaar): bronsmedalje op die balk.
Tuimel:
- Lyndon Ludik (vlak 4/13-14jaar: silwer medalje;
- Charlotte Hartman (vlak 6/13-14 jaar): bronsmedalje; en
- Bophelo Mahlangu (vlak 5/11-12 jaar): silwer medalje.
Parkour:
- Nolan Maré (vlak 4/11-12 jaar): silwer medalje vir free style;
- Mia du Preez (vlak 4/11-12 jaar): goue medaljes vir free style en spoed;
- Annabelle Ras (vlak 5/11-12 jaar): goue medaljes vir free style en spoed; en
- Joshua Wahl (vlak 7/18 jaar en ouer): goue medaljes vir free style en spoed.
Trampolien:
- Amy Slabber en Miané du Toit (vlak 4/11-12 jaar) het ‘n bronsmedalje ontvang in die gesinchroniseerde beweging;
- Lyndon Ludik (vlak 5/13-14 jaar): silwer medalje vir Euro-trampolien, bronsmedalje vir double mini asook goue medalje gesinchroniseerde beweging;
- Emmanual Girmay (vlak 6/17 jaar en ouer): goue medaljes vir Euro-trampolien en double mini asook gous vir gesinchroniseerde beweging;
- Handré Pretorius (vlak 7/11-12 jaar): goue medalje vir double mini, goue medaljes vir Euro-trampolien en gesinchroniseerde beweging;
- Reinhard Kotze (vlak 7/11-12 jaar): brons medalje vir double mini en goue medalje vir gesinchroniseerde beweging; en Jandré Vermeulen (vlak 8/11-12 jaar): goue medalje vir euro trampolien en brons medalje vir double mini.



You must be logged in to post a comment.