Die NG Kerk Vrystaat bied Woensdag (23/08) ’n Kerkargiefkonferensie by die Oorlogsmuseum van die Boererepublieke aan.
Die tema van die konferensie is “Eerste dokumente, laaste dokumente”.
Sprekers sluit in prof. Erik de Boer, ds. Jan Lubbe, dr. Jurie van Wyk, prof. Johan Rossouw, dr. Gideon van der Watt en dr. Francois Smith.
’n boekbekendstelling van die kerkhistorikus prof. Dolf Britz word gedoen.
Bywoning kos R250 per persoon, wat ’n middagete en ’n begeleide besoek aan die biblioteek insluit.
Belangstellendes kan Helena Smit by 051-406-6700 bel of ’n e-pos na argief@ngkvs.co.za stuur. Meer inligting kan ook op ngkerkvrystaat.co.za verkry word.