G’n verveelde oomblik dié vakansie

Hier is ’n lekker uitdaging vir oud en jonk. Met die vakansie om die draai, gaan daar baie tyd wees om produktief te wees en in die proses vir jou medemens iets te doen.


Hier is ’n lekker uitdaging vir oud en jonk. Met die vakansie om die draai, gaan daar baie tyd wees om produktief te wees en in die proses vir jou medemens iets te doen.

Brei vir Bloem is gesamentlike projek van Bloemskou, Bloemnuusen Radio Rosestad wat die publiek uitdaag om vierkante te brei, kwilt, hekel of weef in ’n poging om komberse te maak vir liefdadigheid.

Bloemskou vier in 2023 sy 140ste bestaansjaar en nooi almal om ’n bydrae met die projek te lewer.

Elmarie Prinsloo, uitvoerende hoof van Bloemskou, is opgewonde oor die projek.

“Kom deel in hierdie lekker gemeenskapsprojek, waarin ’n klein gebaar ’n groot verskil kan maak.”

Die komberse gaan geskenk word aan ’n begunstigde van Sentraal24 en Volksbladse Kersfonds asook Radio Rosestad se kombersprojek.

Vierkante van 140 mm x 140 mm kan gebrei of gehekel word.

Dit sal daarna deur vrywilligers aanmekaar gewerk word om kniekomberse van 140 cm x 140 cm te maak.

As jy nie knap met die brei­naalde is nie, kan jy steeds ’n bydrae maak deur wol, lappies, hekelgare of penne te skenk. Dit sal gegee word aan dié wat graag die handwerk doen.

Een van die mense wat gaan help om die vierkante eindelik aanmekaar te hekel, is tannie Joey Snyman (78). Sy sê sy is lief vir brei en sy help graag met so ’n lekker projek.

Die voltooide blokkies kan voor 31 Maart afgegee word by die kantoor van Bloemskou; Bloemnuusby Pres. Reitzlaan 107, Westdene; Radio Rosestad; of waar Radio Rosestad ’n buite-uitsending doen.

Bloemskou vind van 27 April tot 6 Mei plaas. Rig navrae by Bloemskou by 051-448-9894.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.