Saam met tannie Tienie Fourie is haar vier oorlewende kinders van links, agter: Marie Fourie (71), Kobus Truter (64), Louisa van Heerden (69) en Christa van der Berg (65).Foto: Lientjie Mentz


Sy is tevrede. Só sê tannie Tienie Fourie – medalje om die nek en kolwyntjie in die hand – oor haar lewe van 100 jaar.

Haar 100ste verjaardag is op Woensdag 27 Maart by haar dogter Marie Fourie (71), by wie sy nou woon, se huis in Bayswater herdenk.

Marie sê dit gaan goed met haar ma en hulle is dankbaar om haar so lank by hulle te kon hê. Sy en haar broer, Kobus Truter (64) van Bloemfontein, en twee susters Louisa van Heerden (69) en Christa van der Berg (65) van Virginia, het die groot dag saam met hul ma en vriende en familie gevier.

Louisa sê sy vier vanjaar drie ronde verjaardae: dié van haar ma (100), haar eie 70ste verjaardag en haar seun, Johann, se 40ste.

Tannie Tienie (néé Verwey) is in Edenburg gebore en sy was die jongste van 13 kinders.

Sy het ’n groot deel van haar lewe op die Sandvet-skema naby Theunissen deurgebring. Haar man, Jacobus Hendrik (Koos), is in 1992 oorlede.

Tannie Tienie het 11 klein­kinders en 23 agterkleinkinders.

Haar oudste dogter, Sarie Store, is in 2022 in die ouderdom van 72 jaar oorlede. Sy was getroud met Gonval Store. Hulle het vier kinders: Charles (48), Christel (47), Gunnie (42) en Annari (40). Charles het drie kinders: Liam (16), Louis (14) en Lua (12). Christel se kinders is Lisa (11) en die tweeling Amy en Hope (5). Gunnie se kinders is Gunna (8) en Kari (5). Annari se kind is Ethan (11).

Marie is getroud met Gustave. Haar seun is Charles (47) en sy kinders is Larecha (19) en Chantè (14).

Louisa is getroud met Frikkie. Hulle het drie kinders: Louise (47), Jaco (44) en Johan (39). Louise het twee kinders: Zenelda (17) en Elouise (8). Jaco se kinders is Franco (15) en Yone (14).

Christa is getroud met Hendrik. Hul kinders is Annetjie (46), Hansie (43), Christo (39), Cindy (38) en Fanie (37). Annetjie se kinders is Maulize (18) en Charlize (17). Hansie se kinders is Desiré (18), Hendricko (15) en Jason (11). Christo se kinders is CJ (15) en Chanté (12). Cindy se kind is Hennie (16). Fanie se kinders is Grace (10) en Frans (4).

Kobus is met Reitte getroud. Hul kinders is Junior (36) en Juan (34). Junior se kinders is Arniah (4) en Henson (1), en Jaun se kinders is Janko (10) en Nijandra (4).

“Die Here was goed vir my,” sê tannie Tienie oor haar lewe.

“Dit is net genade dat ek so oud geword het. Ek is tevrede met my lewe.”

Marie sê hoewel haar ma bedlêend is en meestal afhanklik is van ’n suurstofmasjien, is haar gemoed goed.

“Sy eet nog goed.”

You need to be Logged In to leave a comment.