‘Goue Oues’ blink uit in Kby

Meer as 20 spanne het vanjaar in die derde Golden Oldie-kampioenskap meegeding.


Meer as 20 spanne het vanjaar in die derde Golden Oldie-kampioenskap meegeding.

Spanne wat uit bejaardes van onder meer Bloemfontein, Griekwastad, Douglas, Modderrivier en Kimberley bestaan, het op 18 Oktober by die Acaciapark-aftreeoord in Kimberley saamgetrek.

Die byeenkoms word deur die Vereniging vir Demensie en Alzheimer se siekte in Suid-Afrika (Adasa) in die Noord-Kaap-streek aangebied.

Spanlede ding in verskeie speletjies mee, soos veerpyltjies gooi na ballonne op ’n draaiende wiel, skyfskiet, doelskiet en boontjiesakgooi. Dit verg onder meer fyn motoriese beweging, balans en hand-oog-koördinasie.

Emsie Malan, streek­bestuurder, het vroeër vertel dat benewens die geleentheid wat die byeenkoms bied vir bejaardes om aktief te wees, hulle hierdeur sosiaal verkeer.

Vanjaar se wenspan was Acacia 2 van Kimberley, gevolg deur Modderrivier, met die span van Trans-50 se Fichardtpark-afteeoord in Bloemfontein derde.

Verskillende soorte demen­sie bestaan, met Alzheimer se siekte een van die mees algemene vorms. ’n Gesonde leefstyl kan die kans op demensie verskraal.

Besoek adasa.org.za.


Helena Barnard

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.