‘n Leerling van die Hoër Meisieskool Oranje het nie net ‘n A++ vir ‘n gedig aan haar Ma gekry nie, sy het 100% daarvoor gekry.
Lika Claassens, ‘n gr.8-leerling se pragtige gedig “My ma”, het uitgeblink in die Hoërskool Goudveld se Taal- en kunstefees waarvan die uitslae op 29 Augustus bekend gemaak is.
Sy is ook in die kategorie as wenner aangewys. Die organiseerders sê dit is die eerste keer in die kompetisie se bestaan van 14 jaar dat ‘n leerling 100% vir hierdie kategorie behaal.

Lika se ma, Nadia Claassens is ‘n onderwyseres by Grey-kollege (pre-primêr) en haar pa De Wet Classens is die uitvoerende direkteur van Engo.
Lika is ‘n baie talentvolle leerling en blink veral uit in tennis, akademie en redenaars.Sy is onlangs opgeneem in die Suid-Afrikaanse o.15-tennisspan, asook die Vrystaat o.15-span en Oranje se o.19A-span. Sy was vroeër vanjaar gesamentlike die nasionale o.14-dubbelskampioen en gesamentlik 3de in enkelspel.
Sy doen ook atletiek, koor en sy speel netbal.



You must be logged in to post a comment.