Die Fichie-sterre, beter bekend as die gr. 8’s van die Hoërskool Fichardtpark, het Dinsdag (31/01) op ’n formele geleentheid hul inhuldigingseremonie gehad.
Die gr. 8’s is nou amptelik ware Fichies.
’n Fichie leef volgens verskillende simbole en kodes. Dit sluit in: tradisies; verskeie seremonies; die skoolwapen met die leeu en die opkomende son; die sporthuise van Huis Fourie, Roche en Barker; die leerlingraadkomitees; die skoollied; die erekode; en die gr. 8-belofte wat leerlinge onderteken.
Al hierdie simbole en kodes word aangevul deur vyf kernwaardes: geloof, integriteit, respek, uitnemendheid en diensbaarheid.
Al die bogenoemde simbole en waardes definieer ware Fichie-wees.