Die span van Grey-kollege is van links Hendri Steyn (afrigter), Wian Wagenaar, Stean du Toit, Wium Vosloo, Nathan Herbert (kaptein), Karlo Buitendag, Anrich Buys, Juvan van Niekerk en Hanine Kotze (tennishoof by Grey).Foto: Verskaf


Twee Bloemfonteinse skoolspanne het uitgeblink deur die jaarlikse Gerrie Berner-tennistoernooi in die Paarl die naweek te wen.

Grey-kollege (primêr) se o.13A-span het die eerste keer aan dié toernooi, vanjaar van 17 tot 19 Oktober by die Laerskool Paarl Gimnasium, deelgeneem.

Die spanlede het hard baklei om die toernooi onder groot druk te wen.

Die o.13A-span van die Laer Meisieskool Oranje het dié toernooi vanjaar ’n rekord tiende keer gewen.

Hendri Steyn (Grey-kollege) en Heinrich Willemse (Oranje) is die afrigters wat die twee suksesvolle spanne die naweek ondersteun het.


Lientjie Mentz

You need to be Logged In to leave a comment.