Aan die vooraand van die griepseisoen moedig die departement van gesondheid mense aan om so gou moontlik teen dié siekte ingeënt te word. Die respiratoriese sinsitiale virus (RSV), wat veral jong kinders siek maak, nader sy piek in verspreiding, sê die departement.
“Griep volg kort op die hakke van RSV en ons merk ’n styging in griepgevalle op,” lui ’n verklaring.
Dr. Angelique Coetzee van die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging sê griepgevalle neem toe.
“Net gewone griep is in die omtrek. Dit is nou die tyd van die jaar,” sê sy oor bewerings van varkgriep.
– Arisa Schamrel

