Groentetuin kweek goeie waardes by jeug

AfriForum Jeug se Bloemfontein-tak het op 22 April, Internasionale Moederaardedag, in samewerking met Akademia ’n groentetuin by Engo se Gardenia-kinder-en-jeugsorgsentrum aangeplant.


AfriForum Jeug se Bloemfontein-tak het op 22 April, Internasionale Moederaardedag, in samewerking met Akademia ’n groentetuin by Engo se Gardenia-kinder-en-jeugsorgsentrum aangeplant.

Spinasie, wortels, ertjies, uie, sprietuie en waatlemoen is geplant.

Die oes hiervan sal in die sentrum se kombuis gebruik word, terwyl dit die jongelinge by dié sentrum ook leer van die belangrikheid van Moeder Natuur.

Die jeuglede het vroegdag met hul tuingereedskap by die sentrum opgedaag en dadelik weggespring om die groentetuin te maak.

Die jong inwoners van die sentrum het ook ’n handjie bygesit en het dadelik eienaarskap van die tuin geneem.

“Een van die belangrikste waardes wat ons by ons kinders moet vestig, is liefde en respek vir die planeet waarop ons woon,” sê Christo Groenewald, AfriForum se distrikskoördineerder vir Bloemfontein.

“Dit is belangrik dat kinders van ’n baie jong ouderdom af bewus word van die belangrikheid daarvan om na die omgewing om te sien.”

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.