Smith Auto Group (SAG) se nuwe perseel op die hoek van President Boshof- en St. Georgestraat is Vrydag (04/03) amptelik geopen. Die bestuurspan is van links Jaco Swart (handelaarshoof van Mahindra), Wikus Hendriks (handelaarshoof van Chery), Marisca Morrison, Ferdie en Fjay Smith (direkteure van SAG).Foto: Lientjie Mentz


Met al die handelsmerke van die Smith Auto Group (SAG) nou op een perseel, is dié handelsagtentskap Vrydag (04/03) geopen.

Motors van Honda, GWM, Citroën, Peugeot, Mahindra, Haval en Chery, asook die onderdele-afdeling en werkwinkel, is nou op die perseel op die hoek van President Boshof- en St. Georgestraat geleë.

Benewens die vertoonlokale is daar ook ’n restaurant. Dit bied nie net vir klante iets te ete nie, maar kan ook besoek word deur enigeen wat iets op die nuwe perseel wil kom geniet.

Die drie direkteure is Ferdie en Fjay Smith en Marisca Morrison.

Gaste kan nou op een, veilige perseel tussen die verskeie handelsmerke se vertoonlokale stap.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article