Die Christelike Afhanklikheidsdiens (CAD) bied aan mense met verslawings en hul gesinslede ondersteuning.
“Ons ondersteun hulle fisiek, psigologies, sosiaal en geestelik,” sê Jacques Botha, voorsitter van CAD Vrystaat.
Die byeenkomste in Bloemfontein vind Donderdae van 18:00 tot 18:30 by die Ebenhaeser-gemeente in Groenvlei plaas.
Navrae kan gerig word deur Botha by 072-125-0506 of Stephnu Venter by 082-451-3823 te bel.