In die Nasionale Hospitaal op 7 September is van links Thobeka Ranqabang (maatskaplike werker), Lina Mokoena (pasiënt) en Adri Claassen (somatoloog). Foto: Lientjie Mentz


’n Groep vrywilligers van Look Good, Feel Good het op 7 September weer een van hul goedvoel-sessies vir kanker­pasiënte in die Nasionale Hospitaal aangebied.

Die groep bestaande uit Marileen Lombard (somatoloog), dr. Ilse de Witt (algemene praktisyn), Adri Claassen (somatoloog), Terba Jacobs (koördineerder van Look Good, Feel Good), OG Diseko en Thobeka Ranqabang (albei maatskaplike werkers) het hul tyd dié dag opgeoffer om kankerpasiënte met skoonheidsprodukte te verras en raad te gee oor die aanwending daarvan.

Lombard sê die doel daarvan is om meestal vroue wat vir kanker behandel word, net weer ’n slag meer selfvertroue te gee en te laat goed voel oor hulself.

Die groep vrywilligers doen gereeld soortgelyke sessies in kankersale.

’n Geldinsamelingsprojek vir dié projek vind op Saterdag 8 Oktober in Northridge Mall plaas, waar die groep vrywilligers ’n “Brow Bar” aanbied. Mense word genooi om ’n skenking van R50 te doen en hul wenkbroue te laat kleur.

Met die geld wat ingesamel word, word skoonheidsprodukte gekoop wat op die werk­sessies aan kankerpasiënte uitgedeel word.

Rig navrae aan Lombard by is 051-522-2292.

You need to be Logged In to leave a comment.