Hy het dalk nie die groot prys gewen nie, maar André Kleynhans se vis het beslis die oë laat rek.
Tydens die Onze Rust-hengelklub se kompetisie Vrydag 7 November tot Saterdag by die Krugersdriftdam buite Bloemfontein, het deelnemers meegeding om verskeie pryse.
André het toe hierdie reuse-goudvis uit die water getrek.

Blykbaar is daar talle koivis-plase langs die Moderrivier en met vloede spoel die koivisse soms tot in die dam en teel daar met die gewone karpe.
Meer as 400 hengelaars het die naweek aan die Onze Rust se 29ste hengelkompetisie by die Krugersdriftdam deelgeneem. Lees in Donderdag se gedrukte BloemNuus meer oor die wenners wat die swaarste karp en swaarste baber uitgetrek het.



You must be logged in to post a comment.