”n Leser het foto’s gestuur van hael wat vanmiddag om 16:15 sowat 26 km suid van Bloemfontein by die Bohemia Quick Shop langs die N6 geval het. Dit kom ná ‘n vlak 2-waarskuwing wat die Suid-Afrikaanse weerburo vroeër die dag uitgestuur het.
Annelie Badernorst wat die foto’s gestuur het, sê hulle is baie dankbaar dat daar geen groot skade was nie. “Net blare en vrugte is in die haelbui afgeslaan”.
Lesers is welkom om foto’s van hael asook besonderhede waar en wanneer dit geval het, te stuur na lientjie.mentz@novusmedia.co.za



Lees ook:



You must be logged in to post a comment.