‘n Yskoue front gaan op Dinsdag 20 Mei van die weste oor die Vrystaat inbeweeg en die matige temperature van die afgelope dae uit die weg ruim.

Volgens Muneiwa Fingo van die Bloemfonteinse weerkantoor gaan die koue front môre inbeweeg met ‘n sterk wind en die moontlik van reën oor die stad.

Die front gaan Woensdag die temperature afdwing tot ‘n maksimum van sowat 12oC. Die voorspelde minimum-temperatuur vir Bloemfontein vir Woensdagaand is -1oC. Fingo sê die front sal oor die hele Vrystaat lae temperature tot gevolg hê met die moontlikheid van sneeu oor die berge in die ooste van die Vrystaat en oor Lesotho.

Donderdag duur die koue voort met ‘n voorspelling van ‘n maksimum van 18oC in Bloemfontein.

Fingo sê die nagtemperature van enkelsyfers sal van nou af voortduur.

You need to be Logged In to leave a comment.