Handevat-projek verryk Bfn-buurte

Inwoners en studente van Universitas het op Mandeladag op 18 Julie saamgespan om ’n wye gebied aan die suide van die hoofkampus van die Universiteit van die Vrystaat (UV) op te ruim.


Inwoners en studente van Universitas het op Mandeladag op 18 Julie saamgespan om ’n wye gebied aan die suide van die hoofkampus van die Universiteit van die Vrystaat (UV) op te ruim.

Verskeie organisasies het met die Universitas-en-Parkwes-woonbuurt­vereniging (Upna) saamgewerk om vullis uit die veld rondom die Vrystaatse Argief te verwyder. Van die belangrikste betrokkenes by die opruiming was Kovsie Private Akkommodasie (KPA), Unilofts, die Multi-let-studentehuiseienaars­vereniging (Moa), Kampus-Key, Educata, Uni-Meent, Respublica en Lenova-konstruksie.

Johan Coertzen, voorsitter van Upna, sê dié vereniging se fokus is daarop om die woonbuurte Universitas en Parkwes te verbeter.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.