Happie tert hier ’n mm-moet

As jy nog nie weet waar jy vandag op Nasionale Melktertdag ’n stukkie melktert gaan eet nie, dan kan jy ’n draai gaan maak by Hartland Kombuis en Tuin in Bainsvlei.


As jy nog nie weet waar jy vandag op Nasionale Melktertdag ’n stukkie melktert gaan eet nie, dan kan jy ’n draai gaan maak by Hartland Kombuis en Tuin in Bainsvlei.

Madelein Hartung en Frikkie Swanepoel van Hartland het ’n plan bedink om melktert te laat koning kraai. Frikkie en sy span gaan drie bak en gaste word genooi om ’n stukkie van elk van dié melkterte te proe en die beste een aan te wys.

“Ons beplan om die wen-melktert by ons spyskaart voeg,” verduidelik Frikkie.

“Die beoordelaars is welkom om van 08:00 tot 16:00 te kom aansit vir die kompetisie.”

Hartland is op die terrein van die ou Eric Lamb-kwekery by Populierlaan 6 in Bainsvlei tussen groot, ou koeltebome.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.