Die eerste nagwedloop van vanjaar se veldloopreeks vind vanaand (03/02) plaas.
Atlete spring om 18:00 op die plaas Lochs Hoek weg, en ’n kinderwedloop oor 1 km begin om 17:50.
Deelname kos R110 en registrasie begin om 17:00. Belangstellendes kan hulle egter vooraf by trailrunseries.co.za registreer. Atlete wat hul uitslae wil ontvang, moet hul mobi-bandjie dra.
- Dié reeks word in samewerking met Sentraal24 aangebied.