Hemelse kuiertjie: Maan en Antares se samekoms vanaand

Aardbewoners kan vanaand ’n “hemelse kuiertjie” beleef wanneer dit gaan voorkom of die maan en die ster Antares langs mekaar verskyn. Die helder rooi Antares en die sekelmaan sal vanaand om 18:48 so naby aan mekaar verbybeweeg, dat dit sal lyk of hul


Aardbewoners kan vanaand ’n “hemelse kuiertjie” beleef wanneer dit gaan voorkom of die maan en die ster Antares langs mekaar verskyn. Die helder rooi Antares en die sekelmaan sal vanaand om 18:48 so naby aan mekaar verbybeweeg, dat dit sal lyk of hulle langs mekaar is. Dit behoort met die blote oog duidelik sigbaar te wees.

Antares, wie se naam die mededinger met Ares (Mars) in Grieks beteken, is nie net baie helder nie, maar is een van die grootste sterre wat aan die mensdom bekend is.

Die ster is 700 keer groter as ons son.

Mart-Mari Duvbenhage van die Bloemfontein se Astronomiese Vereniging van Suid-Afrika (Assa) sê die verskynsel sal omtrent oral op aarde gesien kan word en waarnemers sal nie eers ’n teleskoop nodig hê nie. Antares is een van die sterre in die skerpioen-sterrebeeld.

Lees meer oor Antares en hoe om die ster vanaand te sien, deur die webwerf https://starwalk.space/en/news/antares-star te besoek.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.