In April het ons 219 mm reën in die noorde van Bloemfontein gemeet.

Dit maak van 2022 ’n goeie reënjaar.

Met die April-syfer is die algehele reënval vir vanjaar 574 mm, wat 14 mm meer is as die stad se gemiddelde reënval per jaar van 560 mm.

Al die reën wat ons van nou tot einde Desember kry, is bogemiddeld.

In April 2021 het ons 12 mm gehad, en 108 mm in April 2020.

April 2019 was egter net so ’n goeie reënmaand, met 249 mm reën wat toe geval het.

You need to be Logged In to leave a comment.