Elsabe Minnaar (née Reyneke):
Berig met foto’s in 3 April se BloemNuus oor oom Bob Hornsby verwys.
Baie dankie vir die berig komende van iemand wat by die brandweer grootgeword het gedurende die 1950s tot 1970s en my goeie herinneringe het aan daardie dae.
My pa, Carel Reyneke, wat as offisier daar in die jare 1980s afgetree het na baie jare diens, is drie jaar gelede in ouderdom byna 97 oorlede. Ek besoek egter steeds ‘n oud-brandweerhoof wat ‘n ruk ná my pa by die brandweer aangesluit het in die jare 1940s.
Oom Dupusani von Mollendorf (96) bly in Ons Tuiste in ‘n versorgingsgang nadat hy ‘n beroerte gehad het wat sy bene en hande
aangetas het.
Hy is in ‘n rolstoel, vergeetagtig en sy sig en gehoor is glad nie goed nie.
Ek kuier elke week by hom en het vir hom die berig “geskreeu”.
Andersins is hy nog gesond.
Hy behou steeds sy skalkse humorsin, steur hom nie aan die wêreld daar buite nie en kyk maar deurgaans sport op TV.
Ons vermoed hy is die enigste oorlewende van sy tydgenote by die brandweer.
Ek en sy kinders, wat nie meer in Bloemfotein woon nie, is steeds vriende en hulle hou ons kinderjare se herinneringe lewend.
Dankie dat julle nie die brandweer en die werk wat hulle steeds verrig, vergeet nie.
Dit sal altyd ‘n spesiale plek hê in die harte van ons wat die voorreg gehad het om baie jare daar te kon woon en werk.