Die vyf finaliste waarvan een in November ’n splinternuwe Suzuki S-Presso GL Plus gaan wen, is pas aangekondig.
Donasies van 18 879 kaartjies is ontvang vir Engo se Projek van Hoop waarin dié oulike Suzuki op die spel is.
Die vyf finaliste wie se name onder toesig van die ouditeursfirma Evolve Audit and Advisory getrek is, is:
- William Correira van Virginia;
- Marie Maree van Bloemfontein;
- Gerhard Vosloo van Welkom;
- Odwa Kolweni van Bloemfontein; en
- Beatrice Northman van Parys
- .Die finaliste sal deelneem aan ’n trekking wat op ’n spesiale geselligheid op 12 November by Kundedienst in Harveyweg 66, Oranjesig, sal plaasvind.
Tydens hierdie unieke geleentheid genaamd Archo Shifting Gears: A music show with a twits, sal die bekende musiekgroep Arco Musica saam met sangers Cèzanne Yzelle en Arend Brink jnr. gaste vermaak met ’n baie unieke musiekkonsert.
Benewens die trekking wat plaasvind, word die konsert aangebied ten bate van Engo se Kinder- en Jeugsorgsentrums.
Engo se Projek van Hoop waarin die Suzuki S-Presso ter waarde van R165 000 gewen kan word, word aangebied ten bate van al Engo se projekte.
Die projek is moontlik gemaak met die samewerking van Sentraal24, Radio Rosestad en NTT Suzuki Bloemfontein.
Kaartjies vir Arco Shifting Gears kos R200 of R320 wat ’n ligte vingerete insluit. Bespreek kaartjies by Quicket.co.za.
Besoek Arco Musica se webblad by arcomusica.com of skakel 083-259-2226 vir meer inligting oor die vertoning.