Lola en JC van der Linde van Bloemfontein is die wenners van Bloemnuus se Troufoto van die jaar-kompetisie. Hulle is op 2 Mei in Groot Brak getroud.
Klara Design and Photography
Hiermee kom Bloemnuus se Troufoto van die jaar-kompetisie vir 2021-’22 tot ’n einde.
Daar was weer pragtige inskrywings, wat elke maand op Bloemnuusse Facebook-blad geplaas is. Hier is die 12 finaliste waarvoor lesers op die Facebook-blad gestem het.
Die wenpaar, Lola en JC van der Linde van Bloemfontein, wie se foto op die voorblad van vandag se uitgawe van Bloemnuusis, het op 2 Mei in Groot Brak getrou. Hulle wen daarmee ’n naweek op die De Oude Kraal-landgoed buite Bloemfontein, geborg deur Stephan van Biljon van Creative Kilowatt.
Paartjies wat sedert die begin van Augustus vanjaar getroud is, asook dié wat in die volgende maande sal trou, kan Bloemnuusdie einde van die jaar dophou vir die aankondiging oor 2022-’23 se kompetisie.
- Creative Kilowatt bied klank, verhooggeriewe en atmosfeerbeligting, asook ander oudio-visuele effekte, vir troues, partytjies en korporatiewe gesellighede.
Die span van Creative Kilowatt beskik oor ’n omvattende musieklys – van die nuutste treffers tot ou gunstelinge.
Waldo en Corné Botha is op 28 Augustus in Bloemfontein getroud.Foto: Carine van Zyl van Meraci Photography
Ryno en Nita Swart is op 7 Mei buite Bloemfontein getroud. Foto: Leani Photography
Riaan en Marietjie Smith is op 13 November in Bloemfontein getroud.Foto: Johan Pretorius
Myburgh en Stephanie van Zyl is op 9 April in Bloemfontein getroud.Foto: Organictales
Marina en Andries Bester is op 21 Augustus buite Bloemfontein getroud.Foto: Rico Myburgh
Jason en Lizelle Botha is op 27 November in Bloemfontein getroud.Foto: Kelné Photography
Gerrit en Charné Pretorius is op 30 April in Bloemfontein getroud.Foto: Kelné Pretorius
Duard en Celetia le Grange is op 11 Desember in Bloemfontein getroud.Foto: Shanay Greene Photography
Adriaan en Tarryn Bouwer is op 25 September buite Bloemfontein getroud.Foto: Mudboots Photography
Gerhard en Hanneri Meyer is op 11 Desember in Bloemfontein getroud.Foto: Elisma-Anne Photography
Rikus en Kayla Munnik is op 2 Oktober in Bloemfontein getroud.Foto: Little Arrow Photography