Hier is die wenfoto’s. Bloemnuushet die afgelope maande vir paartjies wat sedert Augustus 2022 getrou het, gevra om hul mooiste troufoto’s vir Bloemnuusse Troufoto van die Jaar-kompetisie in te skryf.
Vanjaar is 69 foto’s ontvang van paartjies wat van Bloemfontein en die lesersgebied om Bloemfontein kom.
Bloemnuus het ’n kortlys gemaak van die foto’s wat die meeste stemme op Facebook gekry het, en daaruit drie foto’s gekies wat hierby op vandag se voorblad verskyn.
Die wenfoto is die foto van Bloemfonteiners Johan en Mariska Crous, wat op 15 April in die stad getroud is.
In die tweede plek is Charné en Schalk du Plessis se foto. Hulle is op 27 Mei in Bloemfontein getroud.
Die paneel het besluit op die foto van Etienne en Michelle Herbst in die derde plek. Dit is die toneel met die bruidspaar en die nuuskierige donkies wat deur die heining loer, wat hul hart gesteel het.
Bruidspaartjies wat van vandeesmaand af trou, kan ’n foto gereed hou vir volgende jaar se kompetisie.