Die Universiteit van die Vrystaat (UV) het Vrydag (17/04) sy drie nasionale kampioenspanne vereer. Die Shimlas, wat verlede Maandag die Varsitybeker gewen het, het die UV se netbal- en tennisspan nagedoen. Die kapteins met die onderskeie trofeë


Die Universiteit van die Vrystaat (UV) het Vrydag (17/04) sy drie nasionale kampioenspanne vereer. Die Shimlas, wat verlede Maandag die Varsitybeker gewen het, het die UV se netbal- en tennisspan nagedoen. Die kapteins met die onderskeie trofeë

DIE Kovsies is reeds die nasionale tersiêre kampioene in rugby, netbal en tennis, nou is die hoop op die vrouehokkiespan gevestig om dit ’n vierde sportsoort te maak.

Daar word realisties gehoop die vrouehokkiespan kan ’n besonderse tyd vir die Universiteit van die Vrystaat (UV) voortsit. Daardie hoop van nog ’n titel dra beslis water.

Geen ander span sal die Varsity-hokkiereeks met meer Proteas in sy geledere as die Kovsies aandurf nie.

Die vyftal – Izelle Lategan, Liné Malan, Cornelle Botha, Nicole Walraven en Tanya Britz – het almal al vir die Proteas se senior span gespeel en is met die uitsondering van Walraven almal ervare spelers.

Die UV-span begin sy aanslag aanstaande Vrydag teen die Pukke, 2013 se naaswenner. ’n Dag later is die Maties, 2013 se kampioen, aan die beurt.

Die Varsity-hokkiereeks is verlede jaar net vir mans aangebied met die vroue wat vanjaar weer ’n beurt kry.

Volgens Liné Malan, wat ’n derde jaar die span aanvoer, was die voorbereiding goed en put hulle motivering uit die ander Kovsie-sportsoorte se sukses die laaste ruk.

“Ons kon goeie voorbereiding doen danksy die wedstryde teen ander universiteitspanne verlede maand.

“Die sterkste teenstand behoort van die Pukke, Universiteit van Johannesburg (UJ), Maties en dalk selfs Tuks te kom,” reken sy.

Die wedstryde waarna sy verwys was twee seges en ’n gelykop-uitslag teen Pukke, ’n 7-0 drag slae wat hulle die Nelson Mandela- Metropolitaanse Universiteit (NMMU) en die Universiteit van KwaZulu-Natal (UKZN)(5-1) toegedien het en ’n gelykop-uitslag teen UJ.

Malan, wat verlede maand teen Tukkies ’n hou teen die gesig gekry het wat albei haar wangbene gekraak het, sê sy is reg vir aksie en was verlede week saam met die Proteas in ’n oefenkamp waar sy mededingend gespeel het.

Sy het in Januarie vanjaar haar buiging vir die Proteas gemaak en in nege toetse gespeel.

Die oorgrote van 2013 se span, wat net-net nie daarin kon slaag om die eindstryd te haal nie (hy het derde geëindig) is weer vanjaar beskikbaar.

Die agt spanne speel sewe groepwedstryde teen mekaar met die voorste twee spanne wat vir die eindstryd kwalifiseer

You need to be Logged In to leave a comment.